top of page

Illoné Calder

Graad RR / Vinkies Assistent

Sy het groot geword in Bloemfontein en voltooi haar skoolloopbaan in Jim fouché Hoërskool. Sy is gelukkig getroud met die liefde van haar lewe.

Na sy haar studies by Unisa in die “Jong Kind Ontwikkeling” voltooi, begin sy om haar passie as juffrou uit te leef. Sy het 10jaar ondervinding in verskeie skole opgedoen voor sy by Tinktinkieland in 2023 aansluit.

Haar lewensleuse is:

“The best teacher educate with their heart, not just their minds!”

Mense beskryf haar as passievol, vriendelik, gevestig in Christelike waardes en natuurlik ‘n omgee hart vir kinders.

Haar liefde vir kleuters kan in elke tree van haar dag gesien word, want sy weet sy is geroep deur ons Lewende God presies vir dit.
Sy het ’n sagte benadering tot elke kleutertjie en ’n hart wat altyd help waar sy kan.

Sy word bederf met sjokolade, blomme of enige vorm van verrassings - groot of klein.

Klik
bottom of page