top of page

Lydia Lieto

Graad R / Suikerbekkies Assistent
(Beter bekend as Miemie)

Sy het groot geword in Bloemfontein en voltooi haar skoolloopbaan in Ikaelelo Hoërskool. Sy is gelukkig getroud en ‘n mamma van 3 pragtige kinders.

Sy werk al 3jaar by Tinktinkieland en hierdie ongelooflike vrou was nog elke dag net ‘n aanwins. Die kleuters is mal oor hulle “Miemie”.

Haar lewensleuse is:

“Always do the best you can!”

Mense beskryf haar as liefdevol, nederig en iemand wat vir ander omgee.

Tussen die kleuters is waar hierdie sagte assistent altyd haar wêreldse geduld toepas. Sy help oral waar ’n maatjie sukkel en sy ondersteun tot hulle die selfvertroue het om dit self aan te pak.

Sy word bederf met tyd by haar gesin en vir die wat sy die liefste is.

Klik
bottom of page