
Maudi Visser
Graad R / Flaminke Assistent
Sy het groot geword in Lime Acres en voltooi haar skoolloopbaan in Daniëlskuil Hoërskool. Sy is die trotse mamma van 2 pragtige dogters.
Na ‘n paar jaar se ondervinding by ander kleuterskole in Bloemfontein, sluit sy in 2018 aan by Tinktinkieland waar sy raakvat, kinders liefhet en ons dae inkleur met baie lag en mooi woorde wat van vér gehoor kan word.
Haar lewensleuse is:
Actions speaks louder than words
Mense beskryf haar as ‘n warm-mens wat vir almal omgee. Sy help altyd waar nodig is met ‘n drukkie, om ‘n hart beter te laat voel.

Haar omgee hart maak haar ‘n gunsteling onder die kleuters. Sy leer hulle graag van respek vir myself, ander en dit rondom my.
Sy wil ‘n verskil maak in elke kleuter wat deur haar hande beweeg, deur elkeen op te bou.



Sy word bederf met haar hartsmense naby en ‘n gesellige saamkuier.