top of page

Tanika Voster

Graad R / Uile Assistent

Sy het groot geword Bloemfontein. Sy is die middelkind van hulle gesin en dit is ook hier waar haar veilige plek is.

Sy matriekuleer in 2015 aan Sentraal Hoërskool en begin werk in ’n Administratiewepos. Haar droom was altyd in twee geskeur tussen onderwys en verpleegkunde en in 2019 wen onderwys en sy word ‘n juffrou waar sy waarlik haar passie nou kan uitleef.

Haar lewensleuse is:

TRUST the TIMING of your life!

Mense beskryf haar as lojaal, stil, opreg en tevrede.

Tussen die kleuters is daar altyd tyd vir ’n storie, lag speel of tyd op haar skoot. Om ’n veilige omgewing te skep vir kinders is vir haar ’n groot prioriteit. Sy weet dat sy in haar beroep in ’n klein tydperk ’n groot verskil kan maak.

Sy word bederf met ietsie soet of ‘n stywe drukkie.

Klik
bottom of page